Afrikaans
English 

Tuisblad
Fondsinsameling
Behandeling
Geskiedenis
Help die Familie
Kontak Ons


Baie dankie dat u Kata se webblad besoek!

Ons hoop u kan meer van haar leer. Kontak ons gerus met enige vrae of navrae.

Kata is in April 2007 met Neuroblastoma gediagnoseer en is tans in die Rooikruis Hospitaal in Kaapstad vir 'n beenmurg oorplanting wat R 500 000 gaan kos.

Die Byleveld familie het nie 'n mediese fonds nie en enige bydrae sal 'n groot hulp wees.







Jongste Nuus

Kata se lesse aan ons

Datum van Artikel - 18 April 2008

KATA BYLEVELD was weliswaar net vyf jaar oud toe sy voorverlede Sondag ná ’n jaarlange stryd teen kanker gesterf het, maar in haar kort lewe het dié dapper meisietjie inwoners van Oudtshoorn, buurdorpe en elders in die provinsie belangrike lewenslesse geleer.

Eerstens het sy ons almal geleer van dapperheid, moedhou en glimlag in ’n lewensbedreigende situasie. En tweedens het sy ons geleer om saam te staan. 

Boodskappe van medelye

Datum van Artikel - 2 April 2008

Per sms:

Innige meegevoel met jul groot verlies mag julle in HOM berusting vind. Chris en Marlene Stemmet

Aan Byleveld ouers en familie. Ons innige simpatie met jul groot verlies. Mag jul God se liefde en vrede ervaar in die dae wat voorlê. Ons bid jul baie sterkte toe. Jan en Rina Mare Oudtshoorn

Mag God jul die krag en geloof gee om deur hierdie moeilike tyd te kom. Liefde Manie

Soms is 'n mens se lewe vol glasstukkies wat van alle kante baie seer kan sny!! Maar die Here skraap al die klein stukkies glas bymekaar, herrangskik dit en maak dan die mooiste mosaiek daaruit!! Dis die rede hoekom sy so 'n mooi klein mensie was - sy het toegelaat dat God haar met Sy getroue liefde rangskik - elke dag! Groete in Jesus Christus, mag Hy julle elke dag dra, asook berusting gee met die groot verlies. Ben, Mariana en klein Liza-mari Stander

Ek het vanoggend van julle engeltjie, Kata, gelees in die koerant. My en my gesin se gedagtes en gebede is met julle, en ek druk my 5 jaar oue Marleen stywer teen my hart vandag. Koos Kombuis

Ons koester julle in ons harte en bid dat die seer elke dag draagliker sal raak. George en Dalena Stevenson

Ag ons is so baie jammer vir julle! Mag God julle toevou, vertroos en krag gee vir die moeilike tyd. Baie sterkte en meegevoel. vd Merwes, Bonnievale
 

Klein Kata sterf aan kanker

Datum van Artikel - 31 March 2008

Kata Byleveld (5) is omstreeks 11:00 Sondagoggend in haar ouerhuis op Oudtshoorn oorlede.

Sy is in Mei verlede jaar gediagnoseer met neuroblastoma en het in November 'n beenmurgoorplanting ondergaan. Sy het so goed herstel dat haar ouers selfs aansoek gedoen het dat sy in Julie vanjaar by die Laerskool Wesbank se gr.R-klassie sou aansluit. 

Kata maak goeie vordering

Datum van Artikel - 20 March 2008

Kata se bloedtelling het bietjie geval, en die dr. het vermoed dat sy die Parvo virus opgetel het. Sy het dit al 'n vorige geleentheid gekry, die behandeling het gewerk, daarom dien hulle dieselfde behandeling toe. So tussen die bestraling deur gaan sy terug Rooi Kruis toe vir die behandeling.

Die week na die bestraling vertoef ons nog in die Kaap, net om seker te maak sy word nie siek van die bestraling nie, en dat die behandeling vir die virus gewerk het. Die 18 de kan Kata bietjie huis toe gaan tot 28 Januarie. 

Jongste nuus oor Kata

Datum van Artikel - 10 January 2008

KATA IS OP 8/12/07 UIT GROOTE SCHUUR ONTSLAAN NA HAAR BEENMURG OORPLANTING. SY HET HAAR 5 DE VERJAARDAG IN AFSONDERING DEURGEBRING.

TEKENS LYK BAIE GOED DAT ALLES MET DIE OORPLANTING GOED AFGELOOP HET. SY HET DIE EERSTE AGT DAE VREESLIK INTENSIEWE CHEMOTERAPIE GEKRY WAT HAAR BESTAANDE BEENMURG GEHEEL EN AL UITWIS, DAARNA HET HULLE DIE NUWE BEENMURG INGESIT. 

Jongste nuus oor beenmurgoorplanting

Datum van Artikel - 27 November 2007

KATA IS SONDAG 11/11/07 IN GROOTE SCHUUR PRIVAAT OPGENEEM VIR DIE BEENMURG OORPLANTING.

SY IS IN ALGEHELE AFSONDERING GEPLAAS MET SPESIALE LUGTOEVOER VIR DIE KAMER, SODAT ALLE MOONTLIKE KIEME UITGEWIS KAN WORD. ALLES WORD 24 UUR PER DAG GEMONITOR, MET DAAGLIKSE BLOEDTOETSE EN `N VERPLEEGSUSTERWAT 24 UUR NA HAAR KYK. 

Beenmurgoorplanting het plaasgevind

Datum van Artikel - 22 November 2007

DIT gaan in die omstandighede goed met die vierjarige Kata Byleveld van Oudtshoorn wat Dinsdag haar lang verwagte beenmurgoorplanting in die Grootte Schuur Hospitaal in Kaapstad ondergaan het.

Kata, die dogter van mnr Mannetjies en me Lizelle Byleveld van Oudtshoorn is begin Mei met kanker in die senu-stelsel, beenmurg en limfkliere gediagnoseer. 

Nuus oor die Operasie

Datum van Artikel - 10 November 2007

DIE OPERASIE WAS `N GROOT SUKSES, AL HET DIT AGT (8) URE GEDUUR.

DIE OPERASIE IS BY ROOI-KRUIS HOSPITAAL GEDOEN. ALLE SIGBARE GEWASSE IS VERWYDER, BAIE VAN DIE GEWASSE WAS OM HAAR BLOEDVATE EN REGTER NIERGEKONSENTREER. DIT IS SUKSESVOL VERWYDER, TERWYL ONS GEVREES HET DAT SY DALK HAAR REGTERNIER KON VERLOOR. 

Die Fietstoer - 15 September 2007

     Na Bo   Na Bo     
Kata Byleveld • Teikenspaar • Absa Oudtshoorn • 9101349845 • 334 314
Copyright © 2008  ::  Kata Byleveld :: Site by:  WebWorX