Afrikaans
English 

Tuisblad
Fondsinsameling
Behandeling
Geskiedenis
Help die Familie
Kontak Ons


Kata se geskiedenis

Gebore op 01/12/2002, Mosselbaai, Dogter van Mannetjie & Lizelle Byleveld. Daar gebly en groot geword tot net voor haar 4de verjaardag. Toe het die familie Oudtshoorn toe getrek, en bly steeds daar.

Kata het begin kla oor pyne in haar arms en bene. Ons is gereeld dokter toe maar groeipyne, spierspasma, yster en magnesium te kort was gediagnoseer. Toe die dokter in Maart 2007 haar weer op yster en magnesium aanvullings sit en se ons moet 3 maande wag voor hy ons na 'n spesialis op pediater verwys. Sy het baie moeilik begin loop en verskriklik gekla oor pyne in haar bene en heupe.

Ons is na Dr Sandihands in Mosselbaai in April 2007 na dit byna ondraaglik geraak het vir haar om te loop. Die dokter het dadelik opgemerk dat sy bleek is en dat iets verkeerd is met haar bloedtelling. Sy is deur x-strale, bloedtoetse en CT(CAT) scans gesit. Hy het vermoed dat dit kanker kan wees, en ons onmiddelik na die Rooi-Kruis Hospitaal in Kaapstad verwys, waar ons die middag van die 24ste April vir Dr Marc Hendricks gesien het.

Hy het haar deur 'n groot reeks toetse gesit insluitend bloedtoetse, harttoetse, CT(CAT) scans, rugmurg toetse en scans. Die vermoede van kanker is bevestig, maar nie die soort nie. Die 26ste April het Dr Hendricks Neuroblastoma Kanker by haar gediagnoseer, die ergste graad (graad 4). Dit is kanker van die senuwees, en kan enige vorm van kanker aanneem.

     Na Bo   Na Bo     
Kata Byleveld • Teikenspaar • Absa Oudtshoorn • 9101349845 • 334 314
Copyright © 2010  ::  Kata Byleveld :: Site by:  WebWorX