Boodskappe van medelye
Per sms:
Innige meegevoel met jul groot verlies mag julle in HOM berusting vind.
Chris en Marlene Stemmet
Aan Byleveld ouers en familie. Ons innige simpatie met jul groot verlies. Mag jul God se liefde en vrede
ervaar in die dae wat voorlę. Ons bid jul baie sterkte toe.
Jan en Rina Mare
Oudtshoorn
Mag God jul die krag en geloof gee om deur hierdie moeilike tyd te kom.
Liefde Manie
Soms is 'n mens se lewe vol glasstukkies wat van alle kante baie seer kan sny!! Maar die Here skraap al
die klein stukkies glas bymekaar, herrangskik dit en maak dan die mooiste mosaiek daaruit!! Dis die rede
hoekom sy so 'n mooi klein mensie was - sy het toegelaat dat God haar met Sy getroue liefde rangskik -
elke dag! Groete in Jesus Christus, mag Hy julle elke dag dra, asook berusting gee met die groot verlies.
Ben, Mariana en klein Liza-mari Stander
Ek het vanoggend van julle engeltjie, Kata, gelees in die koerant. My en my gesin se gedagtes en gebede is
met julle, en ek druk my 5 jaar oue Marleen stywer teen my hart vandag.
Koos Kombuis
Ons koester julle in ons harte en bid dat die seer elke dag draagliker sal raak.
George en Dalena Stevenson
Ag ons is so baie jammer vir julle! Mag God julle toevou, vertroos en krag gee vir die moeilike tyd.
Baie sterkte en meegevoel.
vd Merwes, Bonnievale
Jesus het Sy mooiste roos kom pluk, om in Sy spesiale plek in Sy tuin vir Sy doel te plant. Sterkte vir twee moedige ouers.
Nic - Tyra
Namens almal by Coronation Tehuis ons innige meegevoel met die heengaan van 'n lief klein dogtertjie. Sterkte en liefde.
Lizelle en Manna ek is baie jammer om te hoor dat Kata oorlede is. My innige meegevoel.
Naomi van Rensburg
Mosselbaai.
Net om te sê ons diepste meegevoel met die heengaan van so dapper dogtertjie, sy het diep in ons almal se harte geklim
en was altyd in ons gebede. Bid vir julle!!
Johan en Susan Myburgh
Katatjie jou dapper meisie, so vol lewenslus met 'n besonderse geaardheid en hope liefde is soos ek jou sal onthou my pop.
Lovies ta Rita
Ek kry vanoggend eers die nuus, wil net sê ek dink aan julle. Sterkte vir die pad vorentoe. Julle is in ons gebede. Die Koen gesin en ou tan estie maatjies.
Mag God vir elke storm in jul lewe 'n reenboog gee, vir elke traan sommer TIEN glimlaggies, vir elke bekommernis en hartseer 'n belofte en vir elke gebed 'n antwoord! Innige meegevoel, Sterkte ek dink aan julle!! Sybil Jackson.
Ek groet u in die wonderlike naam van Jesus ons voel dit baie met julle en onthou dit was in die planne van God en stel u tevrede, ja dis swaar maar God het geweet die pyn wat sy gehad het. Jesus ken altyd die beste. Sterkte familie, ek het baie van Kata gehou, van Jo-ann 15 op Dysselsdorp.
Van die Berry huisgesin wil ons net sê jammer oor die dood van Kata ons weet dit is baie moeilike tyd vir jul. Ons dink aan jul en dra jul op in ons gebede.
Die Here pluk die mooiste blommetjies vir sy tuin Kata is een van daai blommetjies mag die Here julle pyn ligter maak en julle die insig gee om te aanvaar. Ons gebede is met julle. Johan en Hester Steyn.
God se wil het geskied. Kom ons bevraagteken nie Sy dade. Hy sal julle deur jul hartseer dra. Janka is julle troos. Sterkte.
Mag julle ons Hemelse Vader se nabyheid in hierdie tyd mildelik ervaar. Ons innige meegevoel. Groete Kitto en Antoinette Nel, Kannaland Tuindienste, Nico en Jeurika Nel, Sweispaleis.
Ons het ook die 29ste Januarie ons liefling kleindogter van 7 jaar en 5 maande aan Jesus moes terug gee.Ons bid vir julle. Suzette Gouws. Oudtshoorn
Ons innigste meegevoel met die afsterwe van jul prinses. Ons bid dat God julle sal dra en vertroos. Met baie liefde, Estelle Louw en almal by Little Bo-Peep.
Ons innige meegevoel met u groot verlies. Wilck familie.
Ons innige meegevoel met jul groot verlies. Bid jul krag en sterkte toe. Jack en Evelyn Klopper en gesin van Mosselbaai.
Ek bid vir julle en alle sterkte, ek sê net elke dag as my kinders opstaan dankie Here. Kata het altyd 'n klein plekkie in my hart gehad. Sonja van Zyl.
Die lewensreis ompaaie in, gebroke drome, verkeerde afdraaie, selfs doodloopstrate...
Maar op Sy tyd tree God in en gee wysheid en krag om op te staan! Ons innige simpatie met die heengaan van julle
pragtige dogtertjie. God het die mooiste blom in sy tuin kom pluk omdat hy haar nodig gehad het. Julle sal deur God
se genade troos ontvang. Langenhovens - Mosselbaai
Lizette! Ek sal nooit die Vrydae vergeet toe jy en Kata altyd die geld by Themcor kom haal het en sy altyd so spontaan die
gesprek oor geneem het nie. Julle was altyd in my gebede! Maar die HERE het anders besluit! Vra sal ons vra?? Maar glo sy
is nou 'n engel en sit op JESUS se skoot. Baie sterkte. Ek sal nog altyd bid vir julle. Liefde Vasti Greeff van Themcor. XX
Aan die Byleveld gesin. Ons het julle in ons gebede en mag julle gesëend wees en mag jul die herhinderinge hê van Kata.
Ons bid en dink aan jul. Jean en Jurina Robinson!
Ons innige meegevoel, Pieter, Tania en kinders Van Eck en Oudtshoorn Hotel personeel.
Ons voel vanaand die seer saam met julle, maar wees vanaand verseker die dag as JESUS aarde toe kom sal sy 1 van die gelukkiges
wees wat sal hemel toe gaan. Sterkte. Jacob-Maria-Brigton
Ek is Ansley Theunissen, 'n 15 jarige seun. Ek is baie jammer oor jul dogtertjie. Sy het baie pyn gehad en die HERE het haar
verlos van die pyn. Sterkte vir julle familie en ek bid vir julle. Almal dink aan julle.
My innige meegevoel met jul. Sterkte. Ek dink elke oomblik van die dag aan jul. Groete Zwanai
Dink aan julle. Baie liefde Gunther en Poena.
Ek kan my nie indink hoe dit moet voel om 'n kind te verloor. Die Here is met julle en glo vas dat hy julle sal help deur julle moelike tyd.
Mev Byleveld ek is Mr Saaiman. Alle sterkte, mag God u versterk met die heen van ons engel. Kata was 'n geskenk van God af en 'n geskenk sal sy bly. Mooi bly.
Ek dink aan julle en smeek dat God julle sal vertroos deur hierdie moeilike tyd. Baie liefde Martie.
Jammer om van Kata se heengaan te verneem. Ons innige meegevoel. Sal op later stadium weer kontak maak. Sterkte. Anton en Berti.
Per e-pos:
Geagte Byleveld gesin
Lang hierdie weg 'n klein woordjie van bemoediging van my kant af. Alhoewel die dood verskriklik finaal is, het Christus die angel van die dood uitgetrek en kan u verseker weet u kind is nou by Jesus. Wat 'n wonderlike gedagte, geen pyn of lyding van enige aard hoegenaamd nie, net vreugde!
Ek het my vrou 'n paar jaar gelede verloor weens kanker en verstaan so iets van waardeur u nou gaan. Onthou,hou vas aan God en weet dat Hy nooit , maar nooit , julle hande sal los nie. Laat die hoekoms en waaroms gerus in Sy uiters bekwame hande en weet dat julle Klein Kata verseker in haar kort lewe 'n uiters vername invloed op mense gehad het .
Baie sterkte
Groete
Jan Coetsee
Riversdal
Mannetjies en Lizelle Byleveld en familie:
Ons innige simpatie met die afsterwe van julle pragtige Kata! Mag Jesus julle vertroos in hierdie hartseer tyd.
Julle is in ons gebede!!
Groete
Johan en Sonay van der Merwe
Oudtshoorn
2 April 2008
Na Bo |
Na Bo ![]() |

Afrikaans
English
Na Bo