Afrikaans
English 

Tuisblad
Fondsinsameling
Behandeling
Geskiedenis
Help die Familie
Kontak Ons


Behandeling

Die laaste (5de) Chemo is klaar. Kata se beenmurg Persentasie (die persentasie kanker in haar beenmurg) het tot onder 10% gedaal. Sy is dus nou geskik vir haar beenmurgoorplanting.

Sy word op 26 September 2007 geopereer om die 2 gewasse uit haar maag te verwyder, en daarna sal sy vir die oorplanting na die Groote Schuur Hospitaal gaan.

23/7 - 28/7

Kata se 4de reeks Chemo het goed afgeloop. Sy het geen bloedoortapping nodig gehad nie. Haar witbloedselle was nogsteeds laag teen 10/8/07. Haar hemoglobien en plaatjies baie goed! Sy het darem ook bietjie gewig opgetel - haar gewig was 18.55kg op 13/8/07.

Hierdie maand het sy die basiese toetse gedoen. Die 6/8/07 het sy 'n Audio toets onderneem. Haar gehoor het bietjie afgeneem. Normale toon is 2k Frekwensie, haar 6k Frekwensie is 60% swak, en haar 8k frekwensie is 80% swak. Sy hoor klanke soos S,T,K, moeilik. Gelukkig is haar middeloor en haar vibrasies nog uitstekend.

13/08/07 - Kry sy 'n CAT Scan - hoor uitslae van die week van 28/8/07

16/08/07 - Kry MIBG Scan
15/08/07 - Word Iodine-MIBG in haar gespuit. Dis 'n tipe radio-aktiewe stof wat verdamp
Kry uitslae week van 20/08/07

Kata begin haar 5de reeds Chemo en dis haar laaste die 20/08/07

Huidige Behandeling:

Huidiglik is sy besig met die 4de reeks chemo in Rooi-Kruis hospitaal.

Behandeling Geskiedenis:

Haar behandeling is 5 blokke medikasie(Chemo) van 28 dae elk. As die Chemo suksesvol is word sy 40% kans gegun om te lewe.

30 April 07 - Begin Behandeling
Behandeling is 6dae se Chemo na mekaar, dan word sy 14 dae daarna gemonitor en die volgende 8 dae het sy om te herstel vir die volgende reeks chemo. Haar hare het uitgeval 14 dae na die behandelig begin het.

Mev Rita Theart het begin met 'n insamelings fonds by Absa Bank, dit word opreg waardeer want sonder dit sou ons nie tot nou toe die hospitaal rekenings kon betaal nie. Tel : 072 464 2868

Beplanning:

Na die 5de reeks Chemo doen hulle die toetse weer op haar en gaan die Chirurg probeer om die gewas in haar maag te verwyder. Daarna sal 'n beenmurg oorplanting se beplanning en praktiese uitvoerbaarheid begin, by Grootte Schuur Hospitaal in Kaapstad.

     Na Bo   Na Bo     
Kata Byleveld • Teikenspaar • Absa Oudtshoorn • 9101349845 • 334 314
Copyright © 2010  ::  Kata Byleveld :: Site by:  WebWorX